Thursday, September 24, 2015

Marié Heese – Haiku for Africa (2015)


Marié Heese – Haiku for Africa. Art by Edith Bukani; audio CD voorgelees deur Natalia Molebatsi. UNISA, 2015. ISBN 978 1 86888 724 8

Resensent: Joan Hambidge

Marié Heese beklee 'n uitsonderlike posisie in ons letterkunde. Sy het volksbesit geword met Die uurwerk kantel en sy is bekroon as Engelse skrywer met haar belangwekkende roman, The double crown waarvoor sy die Commonwealth Writer's Prize for Africa in 2010 verower het. Met Vuurklip (2013) had sy lesers gaande oor die kartering van 'n oertyd en 'n besondere taalspel word in hierdie komplekse roman ontgin.

Haiku for Africa is 'n bundel met haikoes vir Afrika waarin sy 'n ánder bedrewenheid illustreer, te wete die vermoë om binne die tradisie van die haikoe iets eiesoortigs te verrig. In hierdie opsig sluit sy aan by die digter Charl J.F. Cilliers en sy gesprek met die tradisie van die haikoe.

Die oorspronklike haikoe met sy 17 sillabes in 3 reëls (5/7/5) werk met 'n sny- of draaipunt (kiru) wat dan 'n jukstaposisie tussen beeld en toepassing impliseer. Soos die volta of keerpunt in die sonnet.

Omdat Japannese gedigte weens die ikonisiteit van die taal die tegelykertydaspek – iets waarna alle digters streef – kan verbeeld, is die Westerse haikoe altyd ’n hibriede vorm.

So dig Basho:

old pond . . .
a frog leaps in
water’s sound

So wanneer die haikoe in Afrika geplaas word, gebeur daar uiteraard iets anders. In Afrikaans is Eveleen Castelyn se haikoes en tankas stilisties onthoubaar. Heese se haikoes word binne ’n Afrika-konteks geplaas:

Die natuur:

Bushveld afternoon

      Into the dry cup
of the hot day the rainbird
      pours its liquid note (1)

‘n Dier:

Siamese cat

     Under the purring
boneless fur lurks a lean mean
     mouse-catching machine (49)


Skreeusnaaks:

      Since the leader of
the pack's away, I'll chew his
      shoe till he comes back. (48)

of
  
Hauteur

       An ostrich is no
More than a feather duster
      With an attitude.  (15)

Besinnend:

Quest

       Despite a life spent
under the bodhi tree, I'm
       not enlightened yet. (35)

Die gedigte word vergesel van tekeninge deur Edith Bukani wat die gedigte ‘n egte Afrika-aanslag gee en daar word ‘n Audio CD aangeheg met voorlesings deur  Natalia Molebatsi.

Die outeurnotas is kort en kragtig en veral buitelandse lesers sal by hierdie kriptiese aanwysings baat vind.

Loss of memory

       Dead fish on a slab
has forgotten the colours
       of coral and sharks. (67)

Oor die vyftig van hulle, party profeties, ander gewoon net 'n intense waarneming; nietemin ’n genoeglike boekie!


Bestel van UNISA Press, Posbus 392, Pretoria 0001